Is jy ‘Hope is Here’ se potjiekoskoning?
’n Opwindende potjiekos-kompetisie lê voor die deur.

Wat is nou lekkerder as ’n potjie wat so lekker gesels op ’n knetterende vuurtjie?
Hier is jou kans om jou vernuf agter die potjie te wys wanneer die nie-winsgewende organisasie, ‘Hope is Here’ hulle potjiekos-kompetisie aanbied.
Hierdie kompetisie is om fondse in te samel vir minderbevoorregte mense.
Die kompetisie begin op 3 Junie om 11:00 by ‘Hope is Here’ in Woltemadestraat 1 op die sokkervelde.
Daar is ’n paar reëls wat gevolg moet word.
Geen alkohol en kru taal word toegelaat nie. As deelnemers oop vure gebruik, moet hulle brandblussers saambring.
Om aan die potjiekos-kompetisie deel te neem kos R250.
Daar is ook uitstalruimte teen R100 en vir die jonger garde gaan daar boeresport wees.
Daar is spotpryse te wen deur die dag.
Vir meer inligting skakel Lizelle Lourens: 079 126 1630.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
