Andriëtte en Pieter kom kuier
Vir meer inligting, skakel Annelien Hartman: 082 512 9849 of die kerkkantoor: 087 148 9438.
Twee gewilde kunstenaars kom in Augustus kuier.
Andriëtte en Pieter Koen kom op 4 Augustus by Hoërskool Patriot kuier.
Die opvoering word deur die Nederduitsch Hervormde Kerk Suid-Oos Witbank gereël.Pieter het geen bekendstelling nodig nie.
Hy is al ’n huishoudelike naam en het in 2022 sy negende album ‘Timeless’ bekendgestel waarin hy van sy gunsteling liedjies afgestof en opgeneem het.

Andriëtte kom van die pragtige Kaap af.
Sy was in 2007 die naaswenner in die vierde seisoen van Idols Suid-Afrika.
Kom geniet gerus hierdie aand propvol musiek en lekker kuier.
Kaartjies kos R150 tot R250 elk.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
