Loodewyk is terug van wêreld skopbokskampioenskappe
Loodewyk het in Engeland gaan deelneem en Suid-Afrika verteenwoordig.
Loodewyk Steenkamp (12) het onlangs baie goed gevaar by die wऩreld skopbokskampioenskappe wat op 6 Augustus in Barnsley, Engeland plaasgevind het.
Uit die sowat 1 500 deelnemers het dié student van die Phoinix Kickboxing Club seker gemaak hy kom met ’n medalje op die nek huistoe.
Die graad sewe leerder van Laerskool Klipfontein het een silwer en twee vierde plekke behaal.
Hy is ook gekies om in Italië te gaan deelneem aan die United World Championship einde Augustus.

Loodewyk het teen lande soos USA, Engeland en Skotland meegeding.
Oor die algemeen het die Suid-Afrikaanse span vyfde geeindig met 14 goud, 20 silwer en 17 brons medaljes.
Engeland het eerste geëindig op die ranglys met 283 goue medaljes.
Loodewyk het beslis sy skool en die stad baie trots gemaak.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram
