Ga-Nala mesdood-hofsaak begin van voor af in September
“Ek is so bang ek vergeet die klein dingetjies van my liefling-seun.”
Vir Santie Radley begin die seer staptog deur rou wonde weer dié maand wanneer haar seun se mesdood-moordsaak oor begin.
Die mesdood-hofsaak van Johan Fourie word van vooraf gedoen omdat die vorige landdros die saak uitgestel het omdat die verdediging aangedring het op ’n nuwe landdros.
Die drie verdagtes wat vroeër die week in Kriel Landdroshof verskyn het na die mesdood van Johan Fourie in Mei, se saak is uitgestel tot 4 September. Die mans het Dinsdag 13 Augustus vlugtig verskyn. #mesdood @WITBANK_NEWS
— Zita Goldswain (@ZitaGoldswain) August 13, 2019
Die landdros wat oorneem by Andreas Mastoroudes is Victor Ball van Evander.
“Wat doen ’n ma as sy so woedend is as sy huil en die grootste ondenkbare hartseer verlies moet ervaar? Sy twyfel en glo in niks meer nie, want sy weet sy het ’n kneushou weg wat groter is as wat ’n mens kan dra,” het Radley gesê.
Wanneer sy oor die gebeure praat wat hulle lewe op 1 Mei 2019 onherroeplik verander het, skeur die hartseer deur haar oë.
“Daardie aand het ’n deel van my gesterf.”
Fourie het daardie aand 23:30 by die geriefswinkel by ’n plaaslike garage gestop om iets te koop. Videomateriaal wys ’n onderonsie tussen Fourie en nog ’n bestuurder wat voor hom gestop het.
Die materiaal wys ook hoe Fourie en die ander bestuurder handskud. Dan stop ’n wit Volkswagen Polo op die toneel en dinge neem ’n drastiese wending.
#Fouriemoord Drie uit op borg. Drie verdagtes wat op die moord van Johan Fourie van Ga-Nala in hegtenis geneem is, is uit op borg. Hulle is op 13 Mei op R1 000 borg elk vrygelaat. Die saak is uitgestel tot 3 Junie. Fourie is op 30 April doodgesteek. @WITBANK_NEWS @ZitaGoldswain
— Zita Goldswain (@ZitaGoldswain) May 21, 2019
David Mokoena wat saam met Fourie gewerk het, het gesien hoe die mans in die Polo stop, uitklim en met Fourie begin baklei.
Hy het probeer om sy vriend te beskerm deur oor hom te buk. Mokoena is sewe keer raak gesteek tydens die voorval. Fourie is tydens die bakleiery noodlottig gewond.

Kort na die moord is drie verdagtes gearresteer.
Die verhoor begin weer op 28 September.
Wat is jou opinie?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
