Local newsNews

Mamma deel jou ‘eina’

Die gedagte dat ma’s dit oorweeg om hulle kinders te vermoor laat my woordeloos.

Met skok en afgryse het die nuus die naweek gebreek dat ’n ma in hegtenis geneem is nadat sy glo haar ‘shack’ aan die brand gesteek het, terwyl haar baba nog daarin was.

Omstanders het verdwaas rondgestaan by die stukkies smeulende oorblyfsels wat net die vorige dag dié baba dogtertjie van sewe maande oud se veilige hawe was.

Dit is nie die eerste geval wat eMalahleni se ‘hart’ geruk het nie.

In 2019 is Zinhle Maditla vier keer lewenslank gevonnis nadat sy haar vier kinders vergiftig het. Sy het vir hulle broodjies met rottegif gegee om te eet en die rottegif ook aan haar bors gesit en haar jongste baba gevoed.

Internasionaal is die naam Lauren Dickason in hoofopskrifte ingebeitel na sy ook lewenslange tronkstraf opgelê is vir die moord op haar drie kinders in Nieu-Seeland.

Die idee dat iemand dit oorweeg om hulle kinders te vermoor is oorweldigend.

Wat lê die grondslag vir hierdie onbegryplike misdade?

Party sal redeneer dis armoede, ander eggenote-weerwraak of psigiatriese probleme.

Die feit bly staan, kinders word nie met handleidings gebore nie.

Verhoudings kom ook nie saam weet-hoe-om-dit-te-laat-werk boeke nie.

Maar, daar is hulp.

Die gesegde ‘It takes a village to raise a child,’ is so gevat vir dié probleem.

Mamma, kry hulp as dinge te erg raak.

Al stap jy net oor na jou buurvrou toe en praat jou hart uit.

Niemand kan die magteloosheid beskryf wat jy ervaar as jy in die rol van mamma instap en jou idilliese drome nie is wat jy gedink het dit sal wees nie.
Alles is nie maanskyn en rose nie – daar’s tande kry, oorpyn en koliek en as dit oor is, kom die my-juffrou-weet-beter fase.
Jy dink
jy is oor die ergste dan tref die tienerstadium jou.

Niemand ervaar mamma-wees dieselfde nie.

 

Die Engelsman se ‘eish’ het in sy glas geklingel en soos altyd het hy ook ietsie om by te las.
“Pa-wees is allermins maklik. Kinders is nie ’n boksie wat jy reg kan timmer nie. Jy moet maar plak met liefde en geduld,” breek sy wysheid deur.

Hoe dit ook al sy, gesels net met ander mammas en jy sal gou agterkom julle het een ding in gemeen…. kinders grootmaak is nie kinderspeletjies nie.

Lees meer:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/204731/koebaai-2022-groet-ons-die-jaar-met-nostalgie/?fbclid=IwAR1ntWVymXFr8msWhZsJGL_wGend0QjcxP8AbmGD25wCV3aKi3DMKjDtOYk

 

Wat is jou opinie?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
• Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
• Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button