Local newsNews

Audeamus Skool hou Pik en Proe-dag rondom potjiekos

Audeamus Skool verwelkom leerders en ouers met potjiekos.

Audeamus Skool het die monde laat water by hulle onlangse Pik en Proe-dag wat by die skool gehou is.
Ouers en leerlinge was genooi om die dag saam met die skool en personeellede op Saterdag, 2 September te geniet en te ontspan.
Die doel van die dag was om die ouers bietjie ruskans te gee en om heerlike potjiekos te geniet.

Zodwa Sukwini maak die lekkerste kerrie pot.

Daar was twee om van te kies – smullekker hoender breyani-potjie en liplekker kerriepotjie met stampmielies.
Die skool het ook gespog met splinternuwe sokkerpale wat opgerig is op hulle sportveld.

Nuwe sokkerballe is aangeskaf en leerders het teen mekaar gespeel, terwyl die potte geprut het.
Die skool se dogters het in twee spanne opgedeel en netbal gespeel.

Leo Bezuidenhout hou die kole aan die gang by die braaier.

Springkastele is opgeslaan vir die kinders om van oortollige energie ontslae te raak.

Annika Bosch.

Daar was natuurlik ook gebraai vir dié wat nie potjie-liefhebbers is nie.

Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

· Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
· Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button