Local newsNews

Moths se ‘fair’ was ’n fees met ‘flair’

Die reeds feestelike atmosfeer is aangevul met pragtige musiek en sang deur plaaslike kunstenaars.

Die Moths se jaarlikse Vintage Fair is altyd ’n hoogtepunt op die kalender en vanjaar was geen uitsondering nie.

“Spookasem bly maar lekker, veral so bloue,” sê Elsa Milton.
Suzette en Karin Genis was mal oor die soet spookasem.

Daar was stalletjies te kies en keur met allerlei te koop, van ingelegde kosse en souse tot vars groente, houtgemaakte speelgoed tot tafels vol boeke wat enige boekwurm opgewonde sou maak.

Nishka en Aiden Smith geniet elkeen ’n koue roomys op ’n warm dag.
Barend Potgieter vermaak feesgangers.

Geen mens, honger of nie, kon by die kosstalletjies verbyloop sonder om iets te koue te koop nie.

Die reeds feestelike atmosfeer is aangevul met pragtige musiek en sang deur Henk van Staden, Piet Meyer, Angel, Sheila, Bianca, Ernst Buys en Barend en Johanette Potgieter.

Die manne van die Moths Ratel Shellhole braai ’n vleisie (van links): Johan van Zyl en sy seun, Jaco en Ed Rosster.

Die organiseerders bedank elkeen wat die fees kom ondersteun het.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

• Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.

• Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Check Also
Close
Back to top button