Local newsNews

Krieketspelers van HGH swaai wilgerlatte tot oorwinning

Tinka van Wyk se span het uiteindelik met ’n eindtelling van 254/10 met hul koppe omhoog van die veld gestap.

Hoërskool Generaal Hertzog se eerste krieketspan het behoorlik met die kolf ingelê onder hul eweknie van Secunda die naweek.

Die span het die manne van Hoërskool Oosterland laat les opsê deur met 70 lopies te seëvier.

Afrigter Tinka van Wyk se span het uiteindelik met ’n eindtelling van 254/10 met hul koppe omhoog van die veld gestap.

’n Vuurwarm Brandon Joubert het die wilgerlat goed geswaai en gespog met 98 lopies. Hy het vyf paaltjies vir 41 lopies gevat.

Welgedaan seuns!

Brandon Joubert laat waai met die kolf. Hy het 98 lopies aangeteken.
Schalk Niewenhuiz voor die paaltjies.
Jayden Matthee sit alles in agter die kolf.
’n Speler van Hoërskool Oosterland stuur die bal af.
Goeie blokhou.
So swaai met die kolf as jy wil wen.
Oorwinning in sig vir HGH.
’n Speler van HGH wys hoe dit gedoen word op die kolfblad.
Keer vir die paaltjies.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na [email protected] of bel ons by 013 656 2490

• Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.

• Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button