AfriForum stoot plat en maak skoon
Daar word nie gebou op die oop stuk veld in Woltemadestraat nie. Die stuk veld word skoongemaak.
’n Leë stuk grond langs die polisiestasie het ’n seeroog geword vir inwoners van Woltemadestraat.
Vullis is daar gestort en haweloses het dié ook hulle tuiste gemaak.
“Die kriminele faktor het ook ingesluip en boosdoeners het gereeld plastiek van koperdrade kom afbrand, of hulle buit kom tel,” het ’n inwoner wat verkies om anoniem te gesê.
Die plaaslike AfriForum-tak het besluit om in te spring om die stuk grond gelyk te stoot en skoon te maak.
“As die stuk grond plat gestoot is, gaan ons die gemors optel,” het mnr. Alf Friess van AfriForum gesê.
Hy herinner inwoners daaraan dat as elkeen net voor sy eie tuinhekkie skoonmaak en netjies hou, dié stad binnekort trots haar beste voetjie kan voorsit.
Wat is jou opinie?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
• Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
• Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
