Local newsNews

Kanker-vegtertjie se ouers sê dankie vir ondersteuning na afsterwe

Tydens ’n hartroerende diens in Ga-Nala het familie en vriende Miane Grobbelaar (1) gegroet.

Teen die grou onweerswolke het helderkleurige ballonne verlede week die lug versier toe familie en vriende klein Miane Grobbelaar gegroet het.

Miane (een jaar) is na ’n stryd teen kanker op 18 September oorlede.

Ds. Johan Greyling het tydens die diens vertel hoe die klein dogtertjie ’n impak gemaak het met haar lewe.

“Sy het mense in gebed saamgebring,” het hy gesê.

“Ons mooiste Miane, sprankel-oog meisiekind, dankie dat jy mamma, pappa en boetie die voorreg gegee het om jou lief te kon hê. Ons hoop jy dans in die hemel en maak soenlippies, nes jy kan.

Speel met die woefies en frons vir almal. Jy het soveel gedoen in jou lewetjie, maar jy was net vir ons geleen,” het mamma Christelle en pappa Marius gesê.

Almal het met liefde vertel hoe Miane altyd intens gefrons het as sy vir iemand gekyk het.

Miane se tannie, Kallie Whiteman Hagemeier het gesê, “Die klein, hopeloos te kort rukkie wat jy geleen was vir ons, het daardie vuilste, klein kaal voetjies diep spore getrap.

Mag elkeen van ons leef soos jy het, met oorvloed en ’n groot smile, mag ons net so hard baklei vir alles wat vir ons belangrik is, soos jy baklei het om jou mamma, pappa en boetie nog ’n paar dae saam met jou te kon gee.”

Christelle en Marius bedank almal vir hul gebede, stemboodskappe en oproepe in hierdie hartseer tyd.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

• Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.

• Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook,  Twitter of Instagram

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Check Also
Close
Back to top button