Sonkei Karate dojo spog met 12 medaljes by wêreldkampioenskappe
Die dojo spog met drie goue, vier silwer en vyf brons medaljes. Prajith Swegobin en Deandré Schourie het goud gewen.
Die Sonkei Karate dojo kan hulle koppe hoog hou met hul indrukwekkende 12 medaljes by die onlangse wêreldkampioenskappe.
Die Shotokan Wêreld Karate Federasie Wêreldkampioenskappe het in Miami, Amerika plaasgevind. Ses studente van die dojo het teen karatekas wat 20 ander lande verteenwoordig het, meegeding.

Die dojo spog met drie goue, vier silwer en vyf brons medaljes. Prajith Swegobin en Deandré Schourie glimlag breed met hul goue medaljes.
Deandré het twee goue medaljes gewen in die kumite en ‘fighting’ afdelings en Prajith het een goud behaal in die ‘fighting’ afdeling en ’n brons in die kata.
Video:
Pratjith Swegobin winning gold at the championship.
Milán Combrink en Darius Schoeman het elk twee silwer medaljes ingepalm en Yadav en Swaha Swegobin het ook beide twee brons medaljes in die kata en ‘fighting’ afdelings gewen.
Die groep kampioene is onder die leiding van Senseis Diane en Johnny Nel.
“Ons is baie trots op ons ses studente wat Suid-Afrika verteenwoordig het in Miami. Julle harde werk was die moeite werd en julle kan daardie medaljes met trots dra. ’n Goeie gemoed verseker goeie resultate. Ons jongste student van ses jaar het met dubbel goud weggestap, asook ons oudste student wat een goud gewen het. Geluk aan al ons wenners en dankie vir die goeie werk. Julle het ons baie trots gemaak. Sonkei ‘rocks’!,” het sensei Diane gesê.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram
