
Die koue is nou weer op die voorstoep en oral op sosiale media kom foto’s van sneeu in.
Johan Combrink, jarelange inwoner van eMalahleni en bekende boom- en plantkenner het gesê hy het gisteraand 5mm reën gemeet.
“Daar was baie donderweer en blitste en dit het belowend gelyk, maar net ’n paar druppeltjies het geval. Maar, ons is dankbaar vir elke drupel,” het Johan gesê.
Johan het gesê inwoners moet maar hulle truie nadertrek, die koue is hier om te oornag vir ’n dag of twee of selfs drie.
Sneeu het vroeg vanoggend in Kestell in die Vrystaat geval, asook in Wakkerstroom in Mpumalanga.
Snow at Harrismith…Advice on Safe Driving on Snow and Ice… https://t.co/eXIKwvX8ag #ArriveAlive @ReenvalSA @SnowReportSA @N3Route pic.twitter.com/uLguIDkQZG
— Arrive Alive (@_ArriveAlive) October 30, 2023
Wat is jou opinie?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
