Anet se laaste damestee vir Rizpah
Die gasvrouens by Rizpah se damestee het hulself uitstekend van hul taak gekwyt.
Rizpah Bediening se damestee was weereens een vir die boeke.
Hierdie jaar was dit ekstra spesiaal vir me. Anet Jansen wat al die 18 jaar by die organisasie is wat na die belang van kinders omsien.
Die damestee Saterdag 4 November by Del Amor aangebied was, was Anet se laaste een want die ystervrou gaan volgende jaar aftree.
“Ek was van die begin af, in 2004 toe die projek net in beplanning was betrokke. ‘n Jaar later het ons die eerste huis oopgemaak,” het Anet vertel. Sy is al 18 jaar betrokke by Rizpah.
Rizpah het tans vyf huise waarin 42 kinders versorg word.







Wat is jou opinie?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
