‘Dankie oom’ sê seun na val met fiets
Jayden wil graag die oom wat hom Vrydag gehelp het bedank.

’n Seun wat aan die begin van die naweek met ’n fiets geval het, wil vir die man wat hom gehelp het, dankie sê.
Jayden Brits (10) het gesê hy was Vrydag, 10 November op pad na sy vriende toe hy geval het.
“Ek het oor ’n hobbel gery, toe ’n straat en toe weer ’n hobbel. Oor die laaste hobbel het my fiets gegly en toe val ek op ’n groot klip. Ek het ’n gat in my been geval,” het Jayden vertel.
Die man het gestop en Jayden gehelp om sy been uit die fiets se raam te kry.
Hy het Jayden se fiets gestoot en hom gedra tot by die huis.
“Die oom het gesê hy ‘worry’ nie oor die bloed op sy klere nie,” het die grootman verwonderd vertel.
Jayden wil graag vir die man dankie sê en vra dat sy mamma, me. Bernadine Brits gekontak word by 067 748 3688.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.