Local newsNews

Saartjie vind haar sprokieseinde

Nadat sy op straat oorleef het deur vreemde voorwerpe te eet, het Saartjie uiteindelik haar eie familie gevind.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) se bekende Kennel 21-inwoner het uiteindelik ’n huis gekry.


Saartjie, ’n Labrador-Ridgeback-kruising, is aangeneem deur ’n familie wat haar gaan toevou in liefde en aandag.


Saartjie het lesers se harte aangegryp toe die eerste foto’s en video’s van haar gedeel is.


Die koue, genadelose strate was haar enigste woning. Toe sy deur die DBV gevind is, was sy ’n brose geraamte met bene wat deur haar los vel gesteek het.


Carika van Rooyen van die DBV het vertel dat hulle Saartjie eers na die veearts, dr. Nolan Landman, geneem het, wat vasgestel het dat sy allerhande vreemde voorwerpe in haar maag het.


“As jy op straat is en honger is, eet jy enigiets,” het Van Rooyen oor die inhoud van die hond se maag gesê.


Bene, plastiek, klippe en krambinders is in haar maag gevind.

Nie vir sensitiewe lesers nie – so het Saartjie gelyk toe sy gevind is


Saartjie het daarna elke dag bietjie meer gewig opgetel en haar brose liggaam het net sterker geword.


Van Rooyen het vertel dat die hond, wat hulle tussen twee en drie jaar oud skat, dit geniet het om te speel. Sy was mal oor speelgoed en natuurlik ’n bederfding of twee.


“Saartjie het by ons gesond geword en nie meer iemand nodig gehad om haar te red nie; sy het ’n liefdevolle huis nodig gehad,” het sy gesê.


Van Rooyen het almal bedank wat die pad saam met Saartjie gestap het.


As jy is op soek is na ’n viervoetkind, gaan loer gerus by die DBV in.


Die DBV kan gekontak word by 013 650 2321.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button