Local newsNews

Oud-Springbok sterf in ongeluk op N4

Die ongeluk wat die bekende voormalige Springbokslot se lewe geëis het, het Sondagaand 19 November skuins voor 22:00 gebeur.

Die voormalige Springbokslot Hannes Strydom is gisteraand dood in ’n ongeluk op die N4 tussen Kromdraai en Balmoral.

 

Volgens Solange Soares Nicholson van TRAC het die ongeluk omstreeks 21:56 gebeur.

 

“’n Bakkie en minibus was in die ongeluk betrokke,” het Soares gesê.

 

Sy het gesê die ongeluk het die lewe van twee mense geëis en vier is ernstig beseer.

 

Die bekende sportskrywer André Bester van SupaRugby het gesê Strydom het in 21 toetse vir Suid-Afrika gespeel en 115 keer vir Transvaal.

 

Hy het ook vir Noord-Transvaal en die OP uitgedraf.

 

“Saam met Hannes is daar nou ses mense van die 1995-eindstryd oorlede. Die name sluit in Ruben Kruger, James Small, Chester Williams, Joost van der Westhuizen en die afrigter Kitch Christie,” het Bester gesê.

 

Het jy meer inligting oor dié artikel?

 

Stuur vir ons ’n epos na [email protected] of bel ons by 013 656 2490

• Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.

• Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook,   Twitter of Instagram 

 

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button