Azaria stal uit
Daar was ook gebreide en gehekelde pragstukke, asook baie mooi foto's vir beoordeling.

Die tafels was bedek met die mooiste handgemaakte items, verskillende tipes tuisgemaakte gebottelde souse en gebakte brode vir die jaar se miniskou by die Vroue Landbou-unie, Azaria-tak se byeenkoms.

Die dames het Donderdag, 16 November by die Hervormde Kerk Witbank-Noord vergader en hul kunswerke uitgestal vir beoordeling.

Daar was ook gebreide en gehekelde pragstukke, asook baie mooi foto’s vir beoordeling.

Die dames het ook die naaimasjiene aan die gang gehad om geskenkies te maak vir al die dames by die volgende Mpumalanga VLU-konferensie wat volgende jaar gaan plaasvind.

Baie van die items wat ingeskryf is, staan ook ’n kans om tydens die VLU se wêreldkonferensie uitgestal te word vir beoordeling.

Henriette Prinsloo en Rina Breedt het die dag bygewoon en was die beoordelaars.
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram