Local newsNews

Jagters ryg trofeë in tydens jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid

Magnus Bester het die meerderheid van die toekennings opgeraap.

Die Jagtersvereniging het ’n besige jaar agter die blad en dit was hoog tyd vir die klub om hul beste uitblinkers tydens ’n glansaand te vereer met sertifikate en trofeë.

Op Saterdag, 18 November was die tafels mooi gedek en almal in hul beste uitrustings geklee by die Portuguese-saal vir hul jaarlikse prysuitdeling.

Frik Coetzee en Johan Steyn.

Madelein Nienaber was as algehele beste damesjagter in die jagveld benoem.

Frik Coetzee en Madelein Nienaber.

Sy het trofeë ontvang vir beste jagter in groot antiloop en grootste Blouwildebees, asook ’n trofee vir die grootste Eland.

Janette Steyn en Frik Coetzee.

Die algehele beste mansjagter was Werner Bester.

Frik Coetzee en Gerhard van Niekerk.

Die algehele beste mansskud was Johan Steyn in eerste plek, Jan van Niekerk in tweede plek en Gerhard van Niekerk in die derde plek.

Ruan Smith, Magnus Bester en Sune Janse van Rensburg.

Johan Steyn ontvang ook trofeë in beste senior mansskut in langbaan, algehele beste skut in Gonge, Springbok, ‘dangerous game’ en Koi-koi, algehele beste skut in haelgeweer, baanskiet en in vlakte-skiet.

Madelein Nienaber, Christine vd Schyff en Isabel van Niekerk.

Annatjie van Niekerk het ook trofee na trofee ingeryg vir algehele beste skut in handwapens en Tyro.

Madelein Nienaber, Annatjie van Niekerk en Isabel van Niekerk.

Sy is aangewys as die beste damesskut in Gonge, ‘dangerous game’, Koi-koi en vlakte-skiet.

Mariette Bester, Annatjie van Niekerk en Geneve Smith.

Annatjie, Christine van der Schyff, Mariette Bester en Madelein Nienaber het ook almal goud behaal tydens die Chasa Skietkompetisie in Bloemfontein en was as beste damesspan aangewys.

Martin Smith en Theo Janse van Rensburg.

Jan van Niekerk het brons verower en Johan Steyn het met ’n silwer weggestap tydens dié kompetisie.

Danell Smith en Janette Steyn.

Martin Smith het trofeë ontvang vir die beste skut in Vlakvark vir die jaar asook die skut met die hoogste punte tydens die Interprovinsiale skietkompetisie.

Frans Greef en Frik Coetzee.

Janette Steyn ontvang die trofee vir algehele beste skut in die Rooibok-teiken en Frik Coetzee ontvang die trofee vir beste jagfoto en beste natuurfoto. Hy ontvang ook die trofee vir die beste mansskut met ’n handwapen en Tyro.

Jan van Niekerk, Johan Steyn en Kallie Steyn.

Magnus Bester het ook meerderheid van die toekennings opgeraap tydens die prysuitdeling.

Jan van Niekerk, Johan Steyn, Frik Coetzee en Gerhard van Niekerk.

Hy is aangewys as die beste algehele junior skut van die jaar en ontvang ook ’n trofee in beste langbaan junior skut, beste junior haelgeweer skut en beste skut in bobbejaan-teiken.

Jovan vd Schyff.

Hy was ook deel van die mansspan wat in Bloemfontein aan die Chasa-skietkompetisie gaan deelneem het.

Christine vd Schyff, Annatjie van Niekerk, Mariette Bester en Madelein Nienaber.

Ruan Smith was aangewys as die beste junior skut in Rooibok-, Jakkals- en Vlakvark-teiken asook beste skut in Gonge.

Martin Smith, Magnus Bester en Ruan Smith.

Gerhard van Niekerk het ook goed gedoen en was as beste mansskut in Rooibok- en Springbok-teiken. Hy is ook aangewys as beste mansskut in die langbaan-afdeling.

Magnus Bester, Martin Smith en Dirk Botha.

Laastens het Christine van der Schyff haar trofeë ontvang vir beste damesskut in langbaan en ook sertifikate vir die beste damesskut in die haelgeweer-afdeling.

Christine van der Schyff, Annatjie van Niekerk, Mariette Bester en Madelein Nienaber.
Johan Steyn en Annatjie van Niekerk.
Jan van Niekerk, Johan Steyn, Annatjie van Niekerk en Mariette Bester.

 

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

  • Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
  • Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Check Also
Close
Back to top button