Die Hoër Tegniese Skool se gholfspan gaan duidelik die jaar golwe maak op die gholfbaan met hulle span wat goed voorberei het en baie opgewonde is.
Dié gholfspan het die afgelope week uitstekend gedoen toe hulle die jaar se liga afskop op Maandag, 12 Februarie.
Die hele span gaan glo dié jaar met gemak in die rekordboeke beland.
Bennie Outram het begin op ’n voorgee-indeks van 18 en ’n skouspelagtige 30 punte behaal teen die einde van die dag se liga spele.
Sy spanmaat, Chano Muller, het ook ’n indrukwekkend 39 geslaan vir die dag.
Het jy meer inligting oor dié artikel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitterof Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.
