In lekker warm weer met ’n effense briesie het die Hoër Tegniese Skool heerlik gholf gespeel.

Ouers, leerders en besighede het almal die skool se gholfdag kom ondersteun op Vrydag, 27 Oktober, op die groen baan van Witbank Gholfklub.

Die dag is aangebied om fondse in te samel vir sportontwikkeling by die skool.
Honderd-en-dertig spelers het om 08:30 afgeslaan vir ’n ‘better ball scramble drive’.
Dié dag is afgesluit met ’n prysuitdeling.
Ockie en Rochelle Oosthuizen het met ’n eerste plek weggestap, Duncan en Ulrich Labuschagné tweede en Janneman Booysen en Malcom Claase in derde plek.

Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: www.witbanknews.co.za
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram
