Local newsNews

Groot haelstorm veroorsaak chaos op snelweg

Die hael het oor gedeeltes van eMalahleni geval.

Motoriste wat deur ’n groot haelstorm net voor eMalahleni gery het, het die hael wat teen hul karre vasgeslaan het, beskryf as geweerskote.

Dié haelstorm het motoriste vanmiddag skuins voor 15:00 getref. Een motoris wat ’n video met WITBANK NUUS gedeel het, het gesê hy het magteloos gevoel en moes net aanhou ry.

“Jy kan niks doen nie, die hael slaan jou kar stukkend. Dit klink soos geweerskote,” het mnr. Jacques Vermaak gesê.

SIEN DIE VIDEO HIER:

“Jy kan nêrens stop nie. Jy hou jou stuurwiel vas en jy ry,” het nog ’n motoris, mnr. Kyle Goldswain laat weet.

Het jy ook skade gelei?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

Back to top button