Local newsNewsBreaking News

Man dood na hy van duikplank afspring

Die man het volgens ooggetuies van ‘n duikplank, by ‘n kuierplek langs Witbank Dam, afgespring en nie weer opgekom nie.

‘n Man is vanmiddag (27 April) dood nadat hy van ‘n duikplank in Witbank Dam ingespring het.

Die fratsongeluk het by ‘n gewilde kuierplek langs die dam gebeur.

Volgens ooggetuies het die man probeer om ‘n ‘backflip’ te doen en het na bewering op sy rug in die water geval.

“Sy vriend het na hom ingespring, en toe hy opkom uit die water uit toe besef hy die man het nog nie opgekom vir asem nie,” het ooggetuies vertel.

Die man se liggaam is deur die Nasionale Seereddingsinstituut uit die water gehaal.

Sy identiteit word weerhou tot hy formeel uitgeken is.

Het jy meer inligting oor dié artikel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

Check Also
Close
 
Back to top button