Sakelui het lekker saamgekuier tydens ‘n sakeontbyt wat deur Solidariteit Helpende Hand Witbank-tak aangebied was.
Sake is na ‘n heerlike ontbyt op 16 Mei by Billy G’s aangeraak.
Die gasspreker was ds. Hannes Noëth, die uitvoerende hoof van Helpende Hand, en die tema wat hy aangeraak het, was ‘Geanker in God, gegrond in hoop’.
Ds. Noëth het genoem dat hy gevra is wanneer sal Helpende Hand suksesvol wees?
“Ons sal eendag weet ons is suksesvol wanneer Helpende Hand nie meer nodig is nie. Dit sal wees wanneer gemeenskappe verantwoordelikhede opneem en netwerke gedoen word, soos dit gedoen moet word.”
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook, Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.