Local newsNews

‘Ek gaan nie opgee nie – ek soek antwoorde’ sê ma en gee die ondersoek oor aan Mike Bolhuis

Die ondersoek in die dood van Zariskia Czövek is nou in Jacques Visser, ’n spesialis ondersoeker verbonde aan Mike Bolhuis se spesialis sekuriteitsdiens, se hande.

Mike Bolhuis en sy span het die ondersoek oorgeneem van die tiener wat in Februarie dood aangetref is nadat sy gaan stort het.
Zariskia Czövek se lewelose lyfie is op 28 Februarie deur haar ma, Venice Vosloo gekry.
Vosloo het gesê sy het nog geen antwoorde gekry wat sin maak van wat daardie aand gebeur het nie.

“Dit vreet my op. Ek het soveel vrae, ek wil net geregtigheid hê vir my ‘Babyloo’.”

Daardie aand se gebeure is diep in Vosloo se oë ingeëts.
Sy het vertel dat sy op die bed aan die slaap geraak het na die lang rit Pietersburg toe.
Zariskia het net na 20:30 gaan stort en drie ure later het Vosloo die badkamerdeur opgebreek en haar dogter se lyfie opgetel.

Daar is bespiegelinge dat Zariskia deur gas oorval is toe sy gaan stort het. Die badkamer het ’n gas geiser in.
Jacques Visser wat die ondersoek lei, het gesê hierdie gaan ’n proses wees.

“Ons het reeds met baie kenners gesels oor gasinstallasies. Ons sal almal op hoogte hou soos ons ondersoek vorder,” het Visser gesê.

Die kostes vir ondersoeke op die vlak is geweldig hoog. Vosloo is besig met verskeie fondsinsamelingsprojekte om die geld bymekaar te maak.
Sy is besig om ’n gholfdag te reël wat op 1 Augustus by Witbank Gholfbaan gaan plaasvind.

Sy reik uit na die gemeenskap om die reis saam met haar te voltooi.
As jy belangstel in die gholfdag, kan Vosloo gekontak word by 074 319 7651.

 

Sien die video hier: Zariskia was ’n bondeltjie energie wat vir elke oomblik geleef het

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button