Local newsNews

Damestee by AGS Oasis saam met Gerrie Jordaan

Dames het saam Gerrie Jordaan ’n lekker damestee geniet.

Die AGS Oasis-gemeente het hul Vrouedag in styl gehou met ’n damesontbyt.

Almal is hartlik verwelkom die oggend van 9 Augustus op Vrouedag, deur die moeder van die gemeente, Veronica Scheepers, met haar pragtige glimlag en warm en hartlike persoonlikheid.

Gerrie Pretorius was die gasspreker en haar tema vir die dag was, ‘Katrina, koningin en koning’. Sy het die woord met soveel passie oorgedra aan elke vrou. Wanneer sy praat, doen sy dit met oorgawe en beduie met haar hande asof die woorde daaruit borrel.

Gerrie Jordaan.

Na afloop van die diens het die dames na die eetsaal beweeg en het almal ’n lekker koppie koffie geniet en net saam gekuier om mekaar beter te leer ken. Daar was ’n heerlike middagete voorgesit bestaande uit ’n hoendergereg en vir die soettand, nagereg met roomys.

Johannes 15:16 “Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in My Naam vra, Hy julle dit kan gee,’’ het die woorde oor haar lippe gevloei…

Felicity Jordaan, Gerrie Jordaan, Veronica en pastoor Deon Scheepers.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, FacebookTwitterInstagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button