Dit gaan baie beter met pastoor Anita
Pastoor Anita van Kraayenburg het gister regop gesit en selfs geglimlag vir ’n foto.
Pastoor Anita van Kraayenburg het gister regop gesit.
“Ma het ons almal verbaas. Eergister het sy net gelê, ek moes vir haar water deur ʼn strooitjie gee, en ons het vir die ergste gevrees. Gister het sy regop gesit en haar suurstofvlakke verbeter,” het Hein van Kraayenburg, haar en pastoor Peet van Kraayenburg se seun gesê.
Die pastoor-egpaar en pastoor Morné Slabbert was Maandag in ’n ongeluk betrokke toe hul motor ’n waterplas net buite Bronkhorstspruit getref en Peet beheer oor die voertuig verloor het.
Pete en Morné wat voor gesit het, het hul sitplekgordels aangehad en albei het net kneusplekke opgedoen.
Anita was agter in die motor. Sy het haar gewrig gebreek, haar regter enkel beseer, sewe ribbes, 10 rugwerwel en ook ʼn nekwerwel gebreek.
Sy is in die intensiewesorgeenheid by die Pretoria Oos Hospitaal.
“Ek en pa het gister nagmaal gehou, ek het die rampshoring geblaas en van die aarde af genesing in die hemel losgemaak. Die Bybel sê wat jy in die hemel losmaak sal op die aarde sal op die aarde los wees,. Ek het genesing geroep,” het Hein gesê.
Die Van Kraayenburg familie bedank almal vir hul volgehou gebede en beterskap wense.
@witbanknews Pastor Anita van Kraayenburg celebrates God’s goodness with a shofar. She was in an accident and is recovering. #witbanknews #eMalahleni #godisgood #shofar #celebration ♬ original sound – witbanknews
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
