Leef elke dag voluit – sê Solidariteit Helpende Hand se uitvoerende hoof
Solidariteit Helpende Hand se uitvoerende hoof, Hannes Noeth het op sy unieke en sagte manier bejaardes bemoedig tydens Nasionale Bejaardedag.
Solidariteit Helpende Hand se uitvoerende hoof, Hannes Noeth, het by die Moth Cottages ingeloer ter viering van Nasionale Bejaardedag.
Hannes het op 1 Oktober al te lekker aan die gesels geraak met die bejaardes en ’n inspirerende boodskap gelewer.
Hy het vier pilare geïdentifiseer wat van die gryses en wyses suksesvolle bejaardes kan maak.
“Moenie kla nie, moenie vergelyk nie, moenie uitstel nie en moenie wag tot alles perfek is nie,” het Hannes genoem.
Hierdie motiverende boodskap het die bejaardes aangespoor om proaktief te leef.
Die Helpende Hand-span het ook sertifikate aan erelede uitgedeel, en die dag is afgesluit met ’n gesellige kuier waar almal saam ’n lekker koppie tee geniet het.
SIEN DIE FOTO’S HIER:
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: [email protected]





