Local newsNews
Alta se glimlag en pittige sêgoed sal altyd onthou word
Alta sal onthou word as ’n ma en ouma wat alles sou doen vir haar kinders en kleinkinders.
Die viering-van-lewe diens vir Alta van Heerden vind eerskomende Maandag plaas.
Haar familie nooi almal wat haar geken het hartlik uit om haar lewe saam met hulle te vier.
Die diens vind plaas op 20 Oktober om 11:00 by die Hervormde Kerk Suidoos-gemeente.
Alta se warm glimlag en kwistige sêgoed het altyd mense se dag opgehelder.
Sy en haar oorlede man, Gerrie, is dikwels as ’n ware ‘power couple’ beskryf.
Hulle het in 1980 na die destydse Witbank verhuis en ses jaar later, in 1986, hul besigheid, Motolek, begin.
Gerrie is op 10 Oktober 2018 oorlede.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: [email protected]
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
