Vermiste man se liggaam was ‘weggegooi’
Willie Visser se liggaam is op 16Desember deur ‘n veewagter in ‘n veld in Seekoeiwater gevind.
Die raaisel rondom die dood van Willie Visser, wie se liggaam op Geloftedag ontdek is, word al hoe groter nadat tekens van geweld gevind is.
Kaptein Eddie Hall, die plaaslike polisiewoordvoerder, het bevestig dat Visser aangerand was.
Visser het op 16 Desember vermis geraak.
Volgens sy skoonma, Ina Vice, het sy hom vroeër daardie oggend by ’n vriend in Reynorif afgelaai.
Sy het bekommerd geraak toe hy nie later die dag teruggekeer het nie en het ’n noodroep op die kommunikasieplatform, Zello, geplaas.
Sy het versoek dat enigiemand wat hom sien, die familie onmiddellik moet kontak.

Sy liggaam is later deur ’n veewagter gevind.
Die polisie vermoed dat Visser is op ‘n ander plek vermoor en sy liggaam by Seekoeiwater neergegooi is.
Soektog na vermiste man eindig tragies. https://t.co/MExH3Yvfwo #WitbankNuus #Emalahleni #vermis #WillieVisser
— WitbankNews (@WitbankN) December 19, 2025
Visser se suster, Hanri Visser, het die hartseer nuus op sosiale media bevestig met ’n kort boodskap: “He was found deceased.”

Vice het by navraag aangedui dat sy op hierdie stadium nie verder oor die situasie wil uitbrei nie.
Visser is die pa van ‘n tweejarige dogtertjie.
