Local newsNews

Jong man sterf na tragiese Oukersaand-botsing

Dylan Weber het die stryd verloor en is vanoggend 04:00 oorlede.

Die nuwe jaar het op ’n hartseer noot begin vir die familie en vriende van die 22-jarige Dylan Weber.

Weber is vanoggend oorlede aan die beserings wat hy tydens ’n ernstige motorongeluk op Oukersaand opgedoen het.

SIEN DIE VIDEO HIER

Die ongeluk het plaasgevind toe Weber se voertuig teen ’n muur in OR Tambo-rylaan gebots het.

Die wrak van die Toyota Corolla wat op die OR Tambo-draai teen ‘n muur gebots het.

Die impak was so groot dat die motor gerol het en hy uit die voertuig geslinger is.

Terwyl daar op die nooddienste gewag is, het ’n omstander, Sindy Coertzen, by die beseerde Weber gekniel en vir hom begin bid.

Sindey Coertzen bid vir Dylan Weber op die ongelukstoneel.

Weber is na die Witbank-hospitaal gehaas, waar hy tot sy afsterwe behandel is.

 “Ek wil namens die familie dankie sê aan almal wat gebid het, asook ’n spesiale dank aan die personeel van Witbank-hospitaal wat so mooi na Dylan gekyk het,” het sy niggie Ilze Terblanche, gesê

Fonds gestig vir begrafniskoste

Om die familie in hierdie moeilike tyd te ondersteun, is ’n BackaBuddy-veldtog van stapel gestuur om te help met die begrafniskoste.

Enigeen wat ’n bydrae wil lewer kan die skakel volg deur hier te kliek: In loving memory of Dylan

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, FacebookTwitter,  Instagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button