Local newsNews

Oukersaand ongeluk – help die Weber familie om Dylan te ruste te lê

Die familie kort nog R11 830 om Dylan Weber ter ruste te lê.

Die Kersseisoen, wat vir meeste mense ’n tyd van samekoms is, sal voortaan vir die Weber-gesin altyd deur onbeskryflike hartseer gekenmerk word.

Op Oukersaand was Dylan Weber in ’n ernstige motorongeluk betrokke toe sy motor teen ’n muur gebots en gerol het.

Weber is met die impak uit die voertuig geslinger en het kritieke beserings opgedoen. Na ’n moedige stryd in die hospitaal, is hy in die vroeë oggendure van 1 Januarie oorlede.

Kliek hier om die TikTok video te sien 

 

Hoe jy die Weber-gesin kan help

Terwyl die gesin nog die ondenkbare verlies van sy dood probeer verwerk, staan hulle voor ’n enorme finansiële uitdaging om sy begrafnis te bekostig.

Hulle doen daarom nou ’n dringende beroep op die gemeenskap om hande te vat en te help om die nodige fondse in te samel sodat Weber waardig ter ruste gelê kan word.

Weber se niggie, Ilze Terblanche, het gesê, “Enige bydrae, hoe klein ook al, sal ’n beduidende verskil maak om hierdie finansiële druk op die familie te verlig.”

Die gelde kan direk aan The Funeral Home betaal word.
Neels Koekemoer van The Funeral Home het gesê daar is nog R11 800 uitstaande van die totale bedrag van R19 530.

Die bankbesonderhede is:

  • The Funeral Home
  • Absa tjekrekening
  • Rekeningnommer: 4059795890
  • Takkode: 632005
  • Verwysing: Dylan Weber.

Lees meer:

Bid vir Dylan vra familie – dié 22-jarige veg vir sy lewe na ’n ongeluk op Oukersaand 

Dylan verloor stryd ná ernstige ongeluk op Oukersaand

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button