Local newsNews

Genoeg geld ingesamel vir Dylan se begrafnis

Die familie bedank almal vir hul bydraes om Dylan se begrafnis moontlik te kon maak.

Die swaar las op die skouers van die Weber-gesin is verlig nadat die gemeenskap ingetree en geld inbetaal het om vir hul seun se begrafnis te betaal.

Na ’n dringende versoek op WITBANK NUUS se webtuiste is die volle bedrag ingesamel.

Neels Koekemoer van The Funeral Home het bevestig dat die nodige fondse ontvang is en dat die begrafnisreëlings nou sonder enige verdere finansiële hindernisse kan voortgaan.

Die familie bedank almal wat bygedra het, asook diegene wat hul ondersteuning en gebede gedurende hierdie moeilike tyd aangebied het.

Weber word op 12 Janauarie begrawe. Die diens begin om 11:00 by die Ou Apostoliese Kerk in Tasbetpark.

LEES MEER Jong man sterf na tragiese Oukersaand-botsing

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button