Local newsNews

Twee beseer toe trok deur muur ploeg

Motoriste word gemaan om versigtig te wees aangesien een van die bane tans gesluit is vir opruiming.

Motoriste word gewaarsku om uiters versigtig te wees op die N12-afrit naby die Sun1-hotel nadat ’n trok vanmiddag deur die grensmuur van ’n regeringsubsidie-behuisingskompleks gebars het.

Volgens mnr. Giepie Fisher van Van Wettens Insleepdienste, het die bestuurder van die trok beheer oor die voertuig verloor, waarna dit deur die kompleks se muur geploeg het.

Die bestuurder en die passasier is met beserings na ’n nabygeleë hospitaal vervoer vir mediese behandeling.

Een van die rybane op die afrit is tans gesluit terwyl opruimingswerkers en die insleepdiens besig is om die voertuig te verwyder.

Verkeer in die omgewing word geraak en padgebruikers word aangeraai om alternatiewe roetes te oorweeg of spoed te verminder wanneer hulle die toneel nader.

Jou stad, jou storie, soos dit gebeur. Bly op hoogte met Witbank Nuus.
Besoek ons op  websiteFacebook, X,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button