Local newsNews

AfriForum se plaaslike tak woeker met projekte

Die eerste waternoodpunt geniet prioriteit en sal binnekort opgerig word.

AfriForum Witbank-tak het terugvoer gegee oor die projekte wat hulle aangepak het tydens hul eerste vergadering.
Die projekte is daarop gemik om veiligheid in die stad asook die voorkoms van die Steenkoolstad aan te spreek.

Die voortslepende waterprobleme in die area was ook ’n warm besprekingspunt op die agenda.
In ’n poging om die gemeenskap te ondersteun, het Sarel genoem dat die eerste waternoodpunt binnekort opgerig sal word.

Die tak se buurtspan se deurlopende pogings om sypaadjies en parke in stand te hou, werp baie vrugte af.
Hierdie inisiatief was deur die inwoners verwelkom, en hulle het hul dankbaarheid oor die skoner omgewing uitgespreek.
Die eerste skoolpatrollie boom gate is by Laerskool Panorama geïnstalleer.

LEES MEER HIER:  Talle parke in eMalahleni is kort gesny danksy AfriForum se buurtspan

Hierdie hekke is spesifiek opgerig om veiligheid by skooloorgange te verbeter.

“Hierdie is ’n belangrike stap in die beveiliging van ons kinders,” het die tak se voorsitter, Sarel van Heerden, gesê.

Sarel het gesê die gemeenskap se ondersteuning is die rede hoekom die tak sulke insiggewende projekte loods.
Hy het inwoners aangemoedig om betrokke te raak by hierdie inisiatiewe.

Die nuutaangestelde streekshoof van die Noordsteek, Arno Roodt, het saam met Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder by die takvergadering kom inloer.

LEES MEER HIER: Buurtspan wikkel met instandhouding in eMalahleni

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button