Brandon is steeds nie wakker nie – ’n BackaBuddy-veldtog is begin om te help met hospitaalkostes
Daar is ’n BackaBuddy-veldtog vir Brandon Joubert begin vir sy mediese onkostes wat ophoop.
Elf dae het reeds verloop sedert Brandon Joubert en Stephan Greyling in ’n botsing tussen Ogies en Ga-Nala betrokke was.
Stephan is Sondag ontslaan en sê dit gaan goed met hom onder omstandighede.
Hy kry steeds erge hoofpyn van die impak.
Hy kan vir ses weke nie skool toe gaan nie en dokters sal dan eers kan bevestig of hy kan voortgaan met sy sportloopbaan.
Brandon se ouma, Rina Burger, het vanoggend gesê Brandon is nog steeds nie wakker nie.
Hy het sy nek op twee plekke gebreek en erge kopbeserings opgedoen.
LEES MEER: Brandon word stadig uit sedasie gehaal – Stephan gaan môre in vir operasie
Burger sê dokters het bevestig daar is breinskade en tot Brandon wakker word, kan die omvang van die skade nie bepaal word nie.
“Sy ma, Lizelle, het gisteraand sy voete met room gesmeer en hy het sy been beweeg. Dit is darem ’n goeie teken,” het Burger gesê.
Brandon se medies dek nie al sy onkostes nie
“Daar gaan hospitaalkostes wees wat ons moet verhaal en dan gaan Brandon ook terapie moet ondergaan,” het sy ouma gesê.
Hulle het ’n BackaBuddy-veldtog begin en hoop om R250 000 in te samel.
LEES MEER: “Hou asseblief aan bid vir Brandon,” pleit ma
Die twee seuns was op pad om te gaan visvang toe die botsing op 1 Augustus skuins na 15:00 gebeur het.
Opvolg | "Hou asseblief aan bid vir Brandon," pleit mahttps://t.co/6lRD1cAkx5 #brandonjoubert @WitbankN @ZitaGoldswain
— WitbankNews (@WitbankN) August 7, 2026
Die vermoede bestaan dat hulle nie die stopstraat raakgesien het by ’n besige kruising nie en het met ’n klein vragmotor gebots.
“Ons het gebede nodig. Asseblief hou aan om vir Brandon te bid,” het Burger gepleit.
Brandon is ’n oudleerling van Hoërskool Generaal Hertzog en Stephan is ’n Graad 10-leerling aan die Hoër Tegniese Skool.
Kliek hier vir Brandon se BackABuddy-veldtog.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za