Local newsNews

Skoonsuster in die hof vir moord op vermiste man

Die 29-jarige ma van twee het vanmiddag vlugtig in die Witbank Landdroshof verskyn op 'n klag van moord.

Melissa Vice het vanmiddag vlugtig in die Witbank Landdros verkyn in verband met die moord op haar swaer, Willie Visser.

Die saak is uitgestel tot 14 Januarie en sy bly in aanhouding tot wanneer aansoek vir borg gedoen word.

Haar regsverteenwoordiger het aangedui dat hy van voorneme is om haar te stuur vir observasie om haar  geestestoestand vas te stel.

’n Merkbare bleek Vice het strak in die beskuldigdebank gestaan en saggies geantwoord toe sy gevra is of daar enige vorige of uitstaande sake teen haar is.

Sy is op 24 Desember gearrsteer en het die afgelope naweek in aanhouding deurgebring.

Haar verskyning volg nadat Visser se liggaam op 16 Desember in Seekoeiwater gevind is.

Hul skoonma, Ina Vice het Visser as vermis aangegee nadat sy hom in die oggend  in Reynorif  afgelaai het.

Sy het haar tot die Zello-kanaal gewend vir hulp en gevra dat mense op die uitkyk vir hom moet wees nadat hy nie by die huis opgedaag het nie.

‘n Verbyganger het later die middag op sy liggaam afgekom.

Kaptein Eddie Hall, polisiewoordvoerder, het gesê dit blyk of Visser elders vermoor is en sy liggaam slegs op die toneel gestort is.

“Die oorledene het kneusplekke aan sy gesig, arms en maag gehad het en was vermoedelik met ’n stomp voorwerp geslaan,” het Hall gesê.

Ma huil saggies in die hof

Visser se ma, Karina Visser het agter in die hof gesit en stilweg haar trane afgevee.

“Niks gaan my seun terugbring nie,” het sy gesê.

Sy het gesê Visser was haar ‘baby’.

“Ons soek net antwoorde. Ek het die hele nag in die strate op en afgery opsoek na my boetie,” het Hanri Visser gesê.

Sy het gesê.hulle is eers op 17 Desember verwittig dat Visser se liggaam gevind is.

Willie Visser se suster, Hanri Visser het die boodskap op Facebook geplaas.

“My boetie se dogtertjie is beroof van haar pappa. Sy is te klein om te besef wat aangaan.”

*Die oorspronklike berig is aangepas.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, FacebookTwitter,  Instagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button