Kom hardloop vir Brandon
Kom neem deel aan die pretloop om fondse vir Brandon Joubert se rehabilitasie in te samel.
Brandon Joubert is na ’n rehabilitasiesentrum in Midstream oorgeplaas nadat hy op 1 Augustus ernstige breinbeserings in ’n motorongeluk opgedoen het.
Volgens sy ma, Lizelle Joubert, ervaar hy steeds baie pyn wanneer sy bene en voete beweeg word.
Lees meer Hier het die botsing gebeur waarin Brandon en Stephan beseer is
Lizelle het ook die volgende boodskap op haar Facebook-blad gedeel: “Here, dankie vir elke persoon wat aanhou om vir Brandon te bid. Dankie vir elke gebed, elke boodskap, elke woord van bemoediging en elke persoon wat ons en Brandon op sy of haar hart dra. Here, seën asseblief hulle en hulle gesinne. Mag U u hand oor elkeen hou en hulle beskerm, versterk en dra.”
Die koste van rehabilitasie vir die passievolle atleet is oorweldigend, en die familie moet fondse insamel omdat die mediese fonds nie al die uitgawes dek nie.
Lees meer Brandon is steeds nie wakker nie – ’n BackaBuddy-veldtog is begin om te help met hospitaalkostes
’n Pretloop word dus op 27 Oktober gehou om geld vir Brandon se rehabilitasie in te samel. Dit begin om 18:30 by New Life Church en registrasie kos R50.
Deelnemers kan uitsien na heerlike warmbrakke en ontvang ook medaljes. ’n Skenkingsboks sal beskikbaar wees vir verdere bydraes.
Die familie doen ook ’n beroep op die gemeenskap om donasies vir spotpryse te maak. Dit kan enigiets insluit van kos en sporttoerusting tot geskenkbewyse, produkte of geskenkmandjies.
Enigiemand wat wil bydra, kan Brandon se ouma, Rina Burger, by 083 363 8604 kontak.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
