Vegters laat opponente steier by Oktoberfest-kompetisie
eMalahleni se vegters het Alberton aan die brand baklei.
Twee plaaslike vegters het die afgelope naweek hul opponente laat steier tydens die Oktoberfest-kompetisie in Alberton.
Zayn Bothma het sy teenstander reeds in die tweede rondte met ’n kragtige uitklophou teen die mat gehad. Met dié sege staan sy rekord nou op 7-3.
Lees meer Ons bring die nuus na jou terwyl die ink nog nat is, sê Witbank Nuus joernaliste
Nkanyiso Dumisa het beïndruk deur sy opponent in die derde rondte met ’n tegniese uitklophou te stop. Dit was Dumisa se eerste amptelike geveg.
Twee plaaslike vegters, Zayn Bothma en Nkanyiso Dumis het die afgelope naweek hul opponente laat steier tydens die Oktoberfest-kompetisie in Alberton. @WitbankN #sport @ZaynBothma #witbank #nuus https://t.co/S8ZVBRvuwv
— WitbankNews (@WitbankN) October 6, 2026
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za