Kringtelevisie vang vermeende dief op Ga-Nala vas
Inwoners word gewaarsku nadat ’n vermeende dief op kringtelevisie afgeneem is waar hy uit ’n bakkie steel.
’n Man wat doodluiters ’n erf betree, goedere van ’n bakkie afhaal en rustig wegstap, is vroeg vanoggend op kringtelevisie in Skylinestraat op Ga-Nala vasgevang.
Die video is daarna op die dorp se SACCW-groep gedeel.
Die beeldmateriaal wys hoe die man na die hek stap, dit oopmaak, terugbeweeg om dit verder oop te skuif en die erf binnegaan.
Hy probeer eers die bakkie se spaarwiel onder die voertuig verwyder, maar toe dit nie slaag nie, laai hy ’n boks met koperdrade, bakkieonderdele en ou CD’s van die voertuig af.
Daarna stap hy rustig met die gesteelde goedere deur die hek en in die straat af.
Inwoners word gemaan om hul hekke gesluit te hou en waardevolle items buite sig te bêre.
Lees meer hier:A giant tree falls
Condolences are streaming in after the sudden passing of Clive Hatch
— WitbankNews (@WitbankN) July 28, 2026
Read more here: https://t.co/4GiCVtYAPC#WitbankNews #emalahleni #CliveHatch #DA pic.twitter.com/dRyKmdpzMm
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
