Baba Renier kort dringend mense se goue harte om hom in hospitaal te hou
Baba Renier veg vir sy lewe in Emalahleni Private Hospital.
In Emalahleni Private Hospital (EPH) veg baba Renier modeig voort.
Dié klein mannetjie wat nie kon wag vir sy geboortedag nie, het sy ouers twee en ’n half maande vroeër kom verras. Hy het sy opwagting op 16 Maart gemaak.
Die seuntjie weeg nou ’n skrale 1.5kg en hy sukkel om asem te haal, omdat sy longetjies nog nie reg ontwikkel het nie.
“Renier se liggaampie is volmaak, hy is net broos en so klein,” het mamma Shané Liebenberg gesê.
Die babatjie is al twee weke lank op ’n suurstofmasjien.
Hy het ’n medies, maar dié tree eers op 1 April in werking. Tot dan moet Shané en pappa Renier kontant betaal sodat hy die beste sorg kan kry.
As die fondse opdroog word die moontlikheid voorgehou dat Renier na ’n staatshospitaal oorgeplaas word tot 1 April.
Shané het tussen die trane deur vertel dat Baba Renier al soveel keer vir hulle geglimlag het.
“Hy frons ook gereeld. Hy kry die beste behandeling in EPH. Ons het net nie op die huidige oomblik die nodige fondse om Renier in EPH te hou nie,” het Shané hartseer gesê.
Die ouerpaar het hulle tot WITBANK NUUS en sosiale media gewend en gevra vir hulp om hulle seuntjie in die privaat hospitaal te hou.
Hulle kort R170 634.91
“Ons bid daar is iemand wat dit moontlik sal maak om ons seuntjie in EPH te hou,” het Shané en Renier gepleit.
Jy kan help deur op die skakel te kliek en ’n bydrae te maak:
https://www.backabuddy.co.za/champion/project/renier-liebenberg-5550544670527482346
Sien die video van Baba Renier hier:
Het jy ’n storie om te vertel?
Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490
- Vir meer brekende- en gemeenskapsnuus, besoek gerus ons webtuiste: witbanknews.co.za.
- Jy kan ons ook volg op sosiale media platforms: Facebook Twitter of Instagram
HET JY GEWEET?
Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.