Moenie die Panorama Kersmark mis nie
Die Kersmark is van volgende week af in volle swang in Adelestraat by die NG Kerk Panorama.
Wat is die Kersseisoen sonder die betowerende Panorama Kersmark? Dié mark, ’n gunsteling onder oud en jonk, is terug en reg om jou feesseisoen te verryk! Die mark is in volle swang vanaf 24 November tot 29 November.
Kom doen jou inkopies na hartelus vanaf Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 20:00.
Saterdag is die mark oop vanaf 08:00 tot 13:00.
Meer as 100 uitstallers bied unieke, handgemaakte en gesogte geskenke. Jy sal verseker daardie perfekte Kersgeskenk vir elke persoon op jou lys vind.
As die inkopies jou uitput, kom maak jouself tuis in ons gesellige teetuin! Smul aan ’n verskeidenheid disse.
Vir die kleingoed is daar pragtige Kersliggies om te bewonder, en hulle kan selfs hul eie kolwyntjie versier!
Vrydag is spesiaal. Dit is Karnavaldag met ’n opwindende spookhuis, gesigverf en ’n verskeidenheid prettige speletjies.
Die Panorama Kersmark is meer as net ’n mark; dit is ’n gemeenskapsgeleentheid waar families en vriende heerlik saam kuier en die Kersgees vier. Kom skep onvergeetlike herinneringe.
Vir meer besonderhede, kontak gerus vir Carien Swanepoel: 082 928 8289 of Mariëtte Smith: 073 501 2184.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
