Moenie dié naweek se Biltongfees misloop nie
’n Veiling, rissie-eet-kompetisie, Fear Factor en baie stalletjies wag dié naweek by die Biltongfees.
Die Gereformeerde Kerk Hoëveld se baie gewilde Biltongfees gebeur dié naweek en soos altyd beloof dit om ’n hoogtepunt op die kalender te wees.
As jy die lekkerste biltong en droëwors wil koop vir ’n peuselhappie voor die rugby, moet jy hier inloer.
Daar is vars beesvleis en wildsvleis te koop.
Die program is propvol aktiwiteite om seker te maak dié gesinsuitstappie is vir ’n ieder en elk.
LEES MEER: “Ons glo in jou champ,” sê Springs se o. 18-rugbyspan en wen hul wedstryd
Vir die meer waaghalsige fynproewer is daar ’n rissie-eet-kompetisie om hul uithouvermoë te toets.
Vir die jongspan is daar ’n Fear Factor-kompetisie en baie stalletjies om mamma besig te hou.
Die groot trekpleister gaan die veiling wees wat naweekwegbreke, pragtige wildsvelle, ’n pragtige skildery en geskenkbewyse insluit wat feesgangers kan opraap.
Datum: 5 September
Die Laerskool Panorama-gemeenskap is in rou gedompel na oud-skoolhoof se afsterwe.https://t.co/b3FUoRLRC9 @WitbankN @ZitaGoldswain @laerskoolpanorama pic.twitter.com/VEXZ8Jg9Wx
— WitbankNews (@WitbankN) August 31, 2026
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
