BlogsOpinion

Mampoer-manewales as Nig Hettie kom kuier

Nig Hettie het die afgelope naweek weer kom inloer. Sy is ’n baie bekende imposante figuur in Emmawillielênie.

Nig Hettie het die afgelope naweek weer kom inloer. Sy is ’n baie bekende imposante figuur in Emmawillielênie. Ek glo ieder en elk ken vir Nig Hettie. Sy het een van die mees veelbesproke name, Hettie-krag nie, Hettie-water nie ….
Sy wou langer bly, maar die Engelsman was nie lus vir haar kuiertjie nie en het behoorlik gal afgegaan. Gelukkig het die mislikepaliteit haar kom ‘red’ voor die Engelsman ’n knertsie Whiskey sonner die ‘eish’ oor haar kop uitgegooi het.

Nadat sy inderhaas vertrek het, gesels ek en die Engelsman oor hoe ons sal moet aanpas, want met die winter op ons voorstoep gaan ons nog heelwat van Nig Hettie hoor.
Ons sal Vader Tyd moet terugdraai en gaan kyk hoe ons voorouers oorleef het. Botter maak, room karring, vleis sout, kersblakers en tuisgemaakte seep is ons voorland.

Ek skop af met die sout van vleis of biltong soos die jonger generasie dit sal ken.
Die geskiedenis van biltong dateer so ver terug as 1815. En nee, ruiters het nie ’n stuk vleis onder hul saal gesit en vertrou die salpeter van die perd sal vir die nodige preservering sorg nie. Vleis is met sout ingevryf en opgehang om droog te word

Brood is in miershope gebak, seep het nie uit ’n winkel gekom nie, maar is by die huis uit diervet gemaak.
Diervet is ook gebruik om vetkerse mee te maak.
Vetkerse is gemaak deur kerspitte van gevlegte katoendraad aan ’n stok vas te maak en die toutjies herhaaldelik in ’n pot vol gesmelte vet te doop. Die toutjies is in die vet neergelaat, uitgehaal om af te koel en dan nogmaals in die vet gedruk… oor en oor en oor. Met elke doopslag in die vet sou die vetkerse vetter word totdat hulle dik genoeg was.

Om botter te karring was net so ’n tydsame proses. As jy room lank genoeg skud kry jy botter.
Ek hoor net ’n sug en kyk vas in die baie bekommerde frons op die Engelsman se voorkop. Ek sal maar vir hom ’n ou mampoerketeltjie gaan loop soek. Ons voorouers het nie Whiskey gedrink nie en daar was ook nie ‘eish’ nie …. hy sal nou maar moet oorslaan mampoer toe wanneer Nig Hettie kom kuier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button