
Ons het op daardie tydstip net ses komberse en twee slaapsakke in ons stoor gehad. Ons het dit die eerste Maandag in Mei alles uitgegee en beleef hoe dit voel om te gee tot dit seermaak. Ons het gewonder wat as iemand weer nodig het en ons moet “Nee” sê.
Soos altyd hier by Jabez het ons met versugting na die Here gegaan en gesê ons sal Hom vertrou, want wie beter as Hy ken nie behoeftes nie. Teen Vrydag in dieselfde week beleef ons hoe Hy voorsien toe Kleintjie van Kriel my bel en sê sy sit met ‘n klomp komberse, beddens en sponsmatrasse van ‘n hostel wat sy van ontslae wil raak. Toe beleef ons weer hoe God gebede beantwoord en engele gebruik om in ons behoeftes te voorsien.
Nog ‘n engel wat die Here gestuur het is die anonieme man wat vir ons kruideniersware kom aflewer het en gesê het dis sy manier van sy tiende vir die Here. Hy het items gebring wat ons op daai oomblik ‘n tekort aan gehad het.
Thanks to our partners that give on a regular basis to this project. You are all angels working to make God’s Kingdom come on earth by providing in the need of the people in our city.
We as the board of Jabez are so greatful to you and pray the Lord’s blessings over you in every meeting.
Seënwense/Blessings
