OpinionRecipesUpdate

Wenners van Tannie Poppie Coetzer se kookboek ‘Tannie Poppie kook’

Baie geluk aan ons wenners, lekker kook!

Hierdie resep wat deur Suleté Kruger ingestuur is, is heerlik as jy nie meer lus is vir kook en bak na die Kersseisoen nie.

Pannekoek met sampioenvulsel

Beslag:
Plaas in ‘n mengbak: 95g koekmeelblom (200ml), 200ml melk, drie eiers, 75ml water, 5ml bakpoeier en 2ml sout en klits tot al die bestanddele goed gemeng is.  Voeg 30ml gesmelte botter by.  Laat staan een uur voordat pannekoek gebak word.

Hier is een van die heerlike vulsels:

Sampioenvulsel:
250g gemaalde beesvleis
15ml kookolie
125ml salotte, in dun skywe gesny
125ml vars sampioene in dun skywe gesny
50ml fyngekapte seldery
10ml mielieblom
5ml suiker
2ml sout
15ml droë sjerrie
10ml sojasous

Metode:
Braai vleis tot dit verkleur in verhitte kookolie.  Voeg salotte, sampioene en seldery by.  Voeg mielieblom by en laat effens braai.  Voeg res van bestanddele by en laat sowat 10 minute prut.
Vul die pannekoeke en bedien met ’n heerlike slaaitjie.

Hierdie heerlike resep is deur Lan van der Merwe ingestuur:

Lan se ontbyt op ’n stokkie

Hierdie ontbyt het groot byval by my mense gevind. Selfs die kleinkinders is mal oor ouma se ontbyt-kebab.

Een pakkie spek, een pakkie van daardie klein ‘cocktail’ worsies gebraai.
Een pakkie sampioene gebraai.
Een pakkie klein uitjies (die wat jy sou gebruik om mee in te lê) tot goud bruin gebraai.
Groen of rooi peper in groterige blokkies gesny en gebraai.
Een pakkie ‘cocktail’ tamaties.
Ses eiers geklits en gaargemaak soos ’n omelet in ’n klein pannetjie.
Ryg al die bestanddele om die beurt op die stokkie en bedien warm op.

Hierdie is net die regte resep vir ’n heerlike nagereg en dit is baie maklik.
Leané Brits het die resep ingestuur:

Gebakte Kaaskoek met suurroom:
Kors:
1 Pak Marie beskuitjies fyn gedruk en met 125g gesmelte botter gemeng. Druk dit in ’n tertbak.
Vulsel
Drie eiers
125ml strooisuiker
5ml suurlemoensap
250g roomkaas
125ml suurroom

Versiering:
125ml geklitste vars room
Vars vrugte (Soos druiwekorrels of aarbeie)

Metode:
Klits eiers en strooisuiker tot lig en romerig. Voeg suurlemoensap by en vou ook die roomkaas en suurroom by. Gooi die vulsel in die voorbereide kors en bak vir 40 minute by 160 grade tot die mengsel gestol het en goudkleurig is. Verkoel en versier met die room en vrugte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button