Local sportSport

Puma’s trap oor die Grens

Die Puma’s en die Grens het in die onweer geploeg en geplunder vir balbesit.

Die Puma’s en die Grens het in die onweer geploeg en geplunder vir balbesit.

Op Saterdag, 5 September het die o.19 asook die o.21 Puma’s teen die Grens se onderskeidelike spanne te staan gekom by die Puma Stadion.

Alhoewel die weer glad nie in die o.21-span se guns was nie, het niks hierdie spanne gekeer om hulle beste spel te speel nie.
Mc225-3rs
Theunis Sauer van die o.19 Puma-span het hard baklei teen die aanval van sy opponente tydens die wedstryd teen die Grens op Saterdag, 5 September.

Vir die o.19-span het Ian Truter twee drieë aangeteken. Johan Harmzen, Ruben Opperman, Cory van Rooyen, JP Snyman, Christo Swart en ook JP Mans het elk agter die doellyn gaan kuier.

Esje Esterhuyse het ook vier doelskoppe suksesvol tussen die pale geland.
Met hierdie span se 48-5 oorwinning teen die Grens, bly hul steeds na hul vierde agtereenvolgende wedstryd onoorwonne. Hulle is tans eerste op die algehele punteleer. Hierdie opkomende naweek se wedstryd teen die Griekwas kan bietjie meer uitdagend wees, aangesien hulle tweede op die punteleer is, met slegs vier punte onder die jong Puma’s.

Mc225-2rs
Jean Els van die o.19 Puma-span in sy poging om nog punte op die telbord by te voeg, maar dit was ongelukkig nie toegeken nie, tydens die wedstryd teen die Grens op Saterdag, 5 September.

“Ian Truter is ook nou die gesamentlike driedrukker in die o.19 divisie met nege drieë,” was die woorde van Riaan Kotze, die o.19 spanbestuurder van die Puma’s

Die o.19 wedstryd teen die Griekwas begin om 13:30 op die Puma Stadion, op Saterdag, 12 September.
Op die o.21 front, het die Puma’s ook ’n reuse oorwinning gehad van 26-11 teen die o.21 se Grens-span. Afgesien van die reën wat begin toesak het toe hierdie spanne op die veld gedraf het, het elke speler vergeet van die koue en net een mikpunt in die oog gehad – die doellyn. Renier Hasselman, Henry Badenhorst, Kamogelo Qhu en Chris van Leeuwen het elkeen ’n beurt gehad om die bal oor die doellyn te dryf. Lewies van Deventer het twee doelskoppe vir die Puma’s tussen die pale deurgeskop en Dylan du Buisson het ook sy deel gebring deur een skop tussen die pale te land.

Mc225-1rs
Dylan Pieterse van die o.21-span baklei teen die aanval van sy opponent tydens die Puma’s se wedstryd teen die Grens op Saterdag, 5 September.

“Ek glo vas die manne van die Diamantstad gaan alles in die stryd werp om met volpunte huistoe te gaan,” was die woorde van Kotze. Die o.21-span sal om 15:15 op die veld uitdraf.

Dit was nie net die manne op die veld wat hierdie naweek se koue moes trotseer nie, maar ook die toeskoueers wat hierdie wedstryde kom kyk het. Met komberse en musse het toeskouers groot steun toegedien aan die Puma’s, en elke keer wanneer hulle ’n bal in die hand gehad het, die spelers aangepor om die bal doellyn toe te vat.

“Ek dink die weer was baie in die guns van die Grens die afgelope naweek, aangesien hierdie spelers van Oos-Londen gewoond is aan sulke nat weer. Maar ek voel altwee spanne het baie goed daarvan afgekom en met ’n welverdiende wen van die veld af gestap. Ons hoop hierdie naweek kan ons spanne net so goed speel teen die Griekwas wat bietjie meer van ’n uitdaging kan wees,” het Kotze ten slotte bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button