Local sportSport

Inyathi Stoeiklub maak ’n skuif

Inyathi Stoeiklub het vir nou ’n nuwe huis, maak seker jy maak ’n draai.

Die Inyathi Stoeiklub het verhuis na ’n nuwe perseel vir die volgende jaar en verwelkom voornemende stoeiers om aan te sluit.

Inyathi Stoeiklub oefen nou by die Hervormde Kerksaal in Palmstraat, Die Heuwel.

Die klub oefen nou weer voluit met streng Covid-19 reëls in plek.

Oefentye is nog steeds Dinsdae en Donderdae vanaf 17:30 tot 19:30.

Die jongste stoeier is vier jaar oud en seuns en dogters is welkom.

Inyathi het ook weer begin met ’n senior stoeigroep, waarvan die groter en ouer stoeiers saam oefen wanneer die kleiner stoeiers klaar is.

Shaun Fivaz, president van die klub sê: “Ons doen ʼn beroep op alle oud-stoeiers, asook nuwe stoeiers om te kom kyk en deel te word. Inyathi het top-afrigters asook spesialis afrigters. Daar is gekwalifiseerde afrigters vir elke ouderdomsgroep en genoeg aandag en tyd kan spandeer word op afsonderlike stoeiers.”

Nuwe stoeiers is welkom om eers te gaan kyk wat Inyathi bied en hoe die proses werk.

Die klub gee twee weke grasie om saam te oefen en dan ʼn besluit te neem oor aansluiting.

“Ons belê ook in ons jeug. Van ons jongste afrigters is so jonk as 18 jaar oud en die oudste een tans is Oom Jan Short wat al 77 jaar oud is, maar nog baie fiks en aktief is,” het Shaun gesê.

Die klub is ook in die proses om geld in te samel met verskeie projekte om hul eie oefensaal te bou.

Die idee is om ’n groot genoeg saal te kan bou om dit te deel met ander sportsoorte ook.

Gaan kuier gerus by Inyathi Stoeiklub of skakel Shaun vir meer inligting by 082 473 4380.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button