EntertainmentLifestyle
Juan is ’n gunsteling by Nashville
Juan Boucher verdien ’n reuse handeklap. Na ’n fantastiese optrede Saterdag 25 Julie by Nashville het die jong sanger definitief sommer ’n hele paar nuwe aanhangers bygekry.
Juan se optrede was lewendig, energiek en hy het deel geword van die gehoor voor wie hy opgetree het.
Nie eers die kwik kon die gees in Nashville demp nie.
Hou gerus die pers dop want die aap is uit die mou gelaat, Snotkop kom binnekort by Nashville kuier.
Video wat Juan self gemaak het by Nashville:


















































































