Lyfies het ge’rock’
Nicholis Louw het die naweek omtrent die lyfies laat ‘rock’.

Nicholis Louw het die naweek omtrent die lyfies laat ‘rock’.
Hy het Saterdag 31 Oktober by Nashville opgetree en sy vertoning kry volpunte.
Hy het die gehoor gaande gehad met sy kitaarsolo’s. Daar is min mense wat ’n kitaar so kan laat ‘sing’.
Nicholis het ook glad nie teleurgestel met sy weergawe van Purple Rain nie.
Nicholis het sy eerste album, ‘My hart is aan die brand’, in 2003 vrygestel. ‘n Paar maande later het dié album dubbel platinum verkope bereik. Sterk verkope het gelei tot trippel platinum status. Sy daaropvolgende albums het ook die goue, platinum en dubbel platinum status bereik.
Hy het in 2014 sy nuutste album ‘Só rock ons die wêreld reg’ vrygestel en dié album is ook vir ‘n Ghoema sowel as Huisgenoot Tempo toekenning benoem.
Maak seker jy is op 20 November by Nashville wanneer die baie gewilde Juan Boucher optree.
Kaartjies na dié vertoning beloop R100 elk.




