EntertainmentLifestyle

Wen, wen, wen CD’s !

Die kompetisie sluit Vrydag 16 September om 10:00.

Starbust Promosies het my vandeesweek baie bederf met ses CD’s wat se klanke die lug gevul het.

Ek kan dit nie oor my hart kry om Patrizio Buanne se nuwe album, Viva La Dolce Vita, uit my CD speler te haal nie.
Die sanger wat al beskryf is as ‘n Italiaanse Tom Jones spog met multi-platinum album verkope.
Viva La Dolce Vita is sy vierde internasionale album, en het soos al die voriges, reeds platinum status bereik oorsee. Hierdie album roer jou hart. Al verstaan ek nie ’n woord Italiaans nie, het ek sommer net geweet hierdie man weet die liefde en dis hoekom hy met soveel oorgawe sing.

Die opgewekte, voetstamplekker wysie en vrolike lirieke van die liedjie, ‘Hals oor kop’, word deesdae gereeld oor die radio gehoor en dis een van daardie liedjies wat in jou kop bly maal.

Die stem agter die liedjie, Kerry Lee se nuwe album ‘Dans in die reën’ is ’n kombinasie van moderne country-musiek.

‘Dans in die reën bestaan uit 11 snitte, waarvan nege oorspronklike werke is deur Vaughan Gardiner, Hugo Ludik en Roux Cloete. Die titelsnit, Dans in die Reën, is ’n treffende akoestiese opname, wat selfs die kritici oor tevrede sal stel.

Dit bring my na die nuwe talent op die horison, RymStoff (Christoff de Beer en Raymond Ray). Sedert hul eerste enkelsnit ‘Hartvlinders’ het hulle opslae gemaak.
‘Hartvlinders’ kom uit die pen van bekende sanger en liedjieskrywer, Vaughan Gardiner, en het ’n opgewekte wysie wat gehore gaande het.‘Alles en Meer’ die groep se debuutalbum, is onlangs vrygestel. Dit bou voort op die unieke elektroniese popklank van die eerste enkelsnit en bestaan hoofsaaklik uit ’n versameling opgewekte deuntjies, met betekenisvolle lirieke, waarmee luisteraars kan identifiseer. ’n Paar rustiger, emosiebelaaide, snitte verseker dat daar iets op die album is wat aan elkeen se smaak sal voldoen.

Na drie suksesvolle albums en ‘n kortspeler saam met Daniel Baron, is die popgroep ADAM (Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant) se splinternuwe album, ‘Hoogtevrees’, pas uitgereik!

Kyk Adam se video Hoogtevrees hier:

Die titelsnit van die album is reeds ‘n paar weke gelede uitgereik en pryk op talle radiostasies landswyd se trefferparades. Die musiekvideo vir die liedjie is ook vandag bekendgestel.
Daar is twee jaar lank baie hard aan die album gewerk.

Dit bring my by die laaste album vir die week, Henrico Coetzer se album ‘Dis wie ek is’.
Henrico het sangopleiding gekry by die sanger, Chris Coetzer (Drie Tenore). Henrico is nog jonk en ek voorspel dat die man nog baie diep spore in die musiekwêreld gaan trap.

*Lesers staan die kans om hierdie week twee CD’s te wen!

Al wat jy moet doen is epos die sleutelwoord Starbust, jou naam en kontaknommer na zita@witbanknews.co.za.

Die kompetisie sluit Vrydag 16 September om 10:00.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button